JY WORD HARTLIK UITGENOOI
NA ONS GROOT DAG!
- DATUM: 14 Desember 2024
- Tyd: 16:00 vir 16:30
- Plek: Jacobsbaai, Weskus
Wat julle moet weet
Druk asb op die pyltjie langs die opskrif om al die inligting te sien vir die naweek.
SEREMONIE: Gebruik Live Fish Tanks, ook bekend as die Kreeffabriek, as julle baken. Van daar af sal daar aanwysings wees. Ons sal nader aan die tyd ‘n location stuur.
ONTHAAL: 8 Keerom Straat, Jacobsbaai. Ons sal nader aan die tyd ‘n location stuur.
Omdat die onthaal nie by ‘n formele venue is nie, is daar nie ‘n kontantkroeg beskikbaar nie. Daar sal dus ‘n wye verskeidenheid van koeldrank en drank wees wat ons voorsien. Ons wil asseblief vra of julle ‘n ekstra verversinkie sal inpak net vir ingeval. Daar sal ‘n area wees waar julle ‘n koelboks kan bêre.
Vir ‘n ontspanne en feestelike gevoel sal ons dit baie waardeer as julle kleredrag aanpas by die see-gevoel. Vermy, indien moontlik, asseblief donker skakerings. Sien gerus hiermee ‘n Pinterest bord vir inspirasie. Indien julle twyfel, is julle meer as welkom om vir Esri of Ruan te vra hieroor.
LET WEL:
- Die troue en onthaal vind buite plaas. Dames, ons sal dus voorstel dat julle nie dun hakkies dra nie, maar eerder ‘n gemaklike ‘wedge’ of iets waarmee julle gemaklik en mooi voel.
- Die wind kan heel moontlik waai. Hou dit net ingedagte asseblief.
Indien julle nog nie verblyf bespreek het nie, volg gerus hierdie skakels om voorstelle te sien:
Ons is opgewonde om ‘n heerlike, kuiernaweek saam met ons hartsmense te deel. Sien asseblief hiermee ‘n lys van “Dinge om te doen” in en om Jacobsbaai.
- Stappie langs die strand in Jacobsbaai
- Black Eagle Brewing Company, Langebaan
- Club Mykonos, Langebaan
- The Panty Bar, Paternoster
- Seekombuis, Paternoster
- West Coast Distillers, Langebaan
Etes: Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om die trounaweek af te skop met ‘n lekker aandete, Vrydag 13 Desember om 18:00, by Daai Plekkie in die Weskus. Ons gaan ook bespreek vir die Saterdag-en Sondagoggend. Die tye sal nog bevestig word. Etes en drank is op eie rekening. Vul asb die vorm hieronder in om aan te dui wanneer julle wil bywoon.
RSVP VIR DIE ETES
Om die nodige inligting hieroor te sien, kyk asb na die Kuier + Ontspan punt hierbo. RSVP asseblief teen 6 September 2024 sodat ons betyds kan bespreek.